What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus het jou aanvaar. Het Hy nie? Aanvaar dan ander ook!

Romeine 15:5-7

5Mag God, wat ons almal se geloof sterk maak en ons krag gee, julle help om regtig goed met mekaar oor die weg te kom. Dit is presies wat Christus Jesus wil hê. 6Mag julle almal saam soos ’n groot koor in ’n harmonie van stemme God se Naam grootmaak. Aan Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe. 7Julle moet mekaar asseblief aanvaar. Onthou: Christus het julle almal met oop arms aanvaar en op hierdie manier groot eer aan God gebring.

Het jy al ooit net so bietjie gaan stilstaan op die comments-seksie van ‘n celebrity se Instagram foto’s? Dis nogal kommerwekkend hoe maklik dit geraak het om ander mense deur ons skerms sleg te sê. Dink net gou, dink jy hulle sou dieselfde gesê het as die ander persoon reg voor hulle was? Ek dink in 99% van gevalle, nee.

Maar ons doen dit nie net met celebs nie, ons doen dit met mekaar ook. Dinge kan rof raak. Ons almal is op soek na aanvaarding in ons lewens. Hoekom is dit dan vir ons so maklik om ander mense weg te stoot as dit vir ons so seer maak?

Ek dink ons kan beter doen, want Jesus het vir ons die pad gewys. Jesus het met die losers, die outcasts, die armes en die siekes vriende gemaak. As ons soos Jesus wil wees, moet ons ook ander aanvaar – en ons moet veral ons mede-Christene aanvaar sonder oordeel, al stem ons nie oor alles saam nie.

Jesus het jou aanvaar. Het Hy nie? Aanvaar dan ander ook!

Gebed: Here, soms sukkel ek erg om ander mense te aanvaar. Here, help my om nie ander mense seer te maak soos wat sommige mense my al seergemaak het nie. Help my om U liefde te wys aan almal wat oor my pad kom … Amen.

Uitdaging: Kyk wie om jou is elke dag. Wie het jy nog nie aanvaar nie? Dink aan een ding wat julle kan doen om julle verhouding te versterk.