What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus het jou 100% lief

“Al gebeur hierdie verskriklike dinge met ons, is ons nogtans oorwinnaars. Ons deel in Christus se reuse oorwinning, omdat Hy ons baie liefhet. Daarom is ek heeltemal seker dat niks wat met ons gebeur ons ooit van God se liefde kan skei nie.” – Romeine 8:37-38

Voel dit partykeer asof niemand vir jou omgee nie? Of dalk ervaar jy geen liefde en ondersteuning van mense om jou nie. Dit is een van die grootste leuens wat Satan al ooit vir jou vertel het! Hy wil hê jy moet minderwaardig en alleen voel, sodat hy jou onder sy mag kan kry. Maar weet jy wat? Jesus het jou baie lief! Al voel dit nie so nie, is dit ‘n feit!

Paulus leer ons in Romeine dat daar niks met ons kan gebeur wat ons kan skei van God se liefde vir ons nie. Niks wat jy al oorgekom het of wat jy al gedoen het, al is dit hoe erg of verkeerd, kan keer dat God jou liefhet nie. Selfs al kry jy swaar en al is jy moedeloos, Jesus het jou innig lief en Hy sal altyd by jou staan. Die sonde of die duiwel is nie in staat om jou geloof weg te vat as jy naby Jesus bly nie.

Nie eers die dood of die bose magte kan dit regkry nie! Al gebeur daar slegte goed, bly ons steeds oorwinnaars. Oorwinnaars in Jesus! Is dit nie amazing nie!

Gebed: Jesus, dankie dat U my liefhet! Dankie dat U my gemaak het met U eie hande. Dankie vir U goedheid en dat ek kan weet dat ek geliefd is. Amen!

Uitdaging: Gaan vertel ‘n goeie vriend hoe goed die Here is en hoe lief hy vir jou is!