What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus het gedink ons is die moeite werd!

Galasiërs 6:2-3

2Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers sy wet dat julle mekaar moet liefhê. 3As julle dink dat julle te belangrik is om vir ander mense om te gee, begryp julle net mooi niks van die evangelie nie.

Het jy geweet ons leef in ‘n wêreld wat graag mense teen mekaar wil afspeel? Advertensies, TV-reekse en flieks vertel vir ons (verkeerdelik) dat dit geluk bring om beter te wees of om beter dinge te hê as ander mense. Ek wens ons kon in ‘n wêreld leef waar vergelyking nie ‘n issue was nie.

So baie mense raak depressief, want hulle vergelyk hulleself die heeltyd met ander mense. Dit maak dat hulle óf trots op hulleself voel óf heeltemal waardeloos. God wil hê ons moenie trots raak en ander mense afskeep nie. Jesus het gekom om mense te help, al is Hy God. Laat daai insink! Selfs God het gedink ons is die moeite werd, al het ons baie foute.

En ons dink ons kan mense judge wat net so vol foute is soos ons? As mens so daaraan dink, klink dit regtig simpel. As ons mense met die liefde van Jesus kan liefhê, beteken dit ons help mekaar in ons swakheid. Dit beteken ons gee vir ander mense om. Dit beteken ons dink nie méér van onsself as van ander nie.

Jesus het gedink ons is die moeite werd!

Gebed: Liewe God, ek wil nie myself die heeltyd vergelyk met ander mense nie. Ek wil my vriende help wat sukkel. Jesus, help my om te leer wat dit beteken om so nederig soos U te wees. Amen.

Uitdaging: Kry ‘n manier om nederig te wees. Maak tyd vir iemand wat minder dinge as jy het.