What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus gee die outcast ‘n manier om hul waarde te ontdek!

Johannes 4:1-26 & 39-42

25Die vrou sê toe weer: “Ek weet dat die Messias kom… 26Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die Redder, die Messias, wat nou met jou praat.” … 39Baie Samaritane uit daardie dorp het in Jesus geglo. Die vrou het mos aan hulle vertel dat Jesus alles van haar geweet het. Dit het hulle oortuig.

Ons almal het al gevoel asof ons nie regtig in pas nie. Ons almal het maar iets waaroor ons insecure voel, en ‘n slegte reputasie help ook nie. Die Samaritaanse vrou by die put het so gevoel want sy was verwerp deur haar hele dorp. Maar iets van haar gesprek met Jesus by die put het haar anders laat dink oor haarself.

Jesus het onmiddellik geweet waaroor sy die mees insecure gevoel het, en hy spreek dit ook aan. Maar wat van hierdie gesprek was anders? Die vrou was geforseer om water te gaan haal op die warmste tyd van die dag sodat daar niemand anders by die put sal wees nie, en Jesus was ‘n man en ‘n Jood en sou dus gewoonlik nooit met haar praat nie -sy was ‘n outcast. Tog het Jesus haar met respek en waarde hanteer, ten spyte van wat sy en ander verwag het.

Hierdie verhaal herinner ons dat almal God se kinders is, en dat almal waardig is om liefgehê te word. Jesus het die Samaritaanse vrou verras deur haar met liefde te hanteer, en sy het op haar beurt die dissipels en die dorp verras deur hulle nader aan Jesus te bring.

Jesus gee die outcast ‘n manier om hul waarde te ontdek!

Gebed: Here, help my om altyd ander mense met liefde en waarde te hanteer. Herinner my daagliks dat hulle ook deel is van u skepping en dus net soveel liefde soos ek nodig het.

Uitdaging: Bid vir iemand hierdie week van wie jy nie hou nie, miskien iemand wat ʼn slegte reputasie het. Probeer om hulle met liefde en waarde te hanteer, nes Jesus sou.