What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Imannuel God by ons

Matteus 1: 23 “ ’n Jongmeisie wat nog nie by ’n man geslaap het nie, gaan binnekort geboorte aan ’n seun gee. Hulle sal hom Immanuel noem.” (As ’n mens hierdie Hebreeuse naam vertaal, beteken dit: God is hier by ons.)

Hoeveel keer het dit nie al vir jou gevoel of die lewe eenvoudig net te erg is nie? Dit voel asof jy die enigste een is wat so sukkel en niemand verstaan jou omstandighede nie. Jy het dalk iemand baie na aan jou afgestaan aan die dood weens siekte, ongeluk, egskeiding of rusie en jy voel bang, verlore en alleen.

Matteus se evangelie herinner ons juis dat ons nie alleen is nie. Jesus se een naam is Immanuel, wat beteken: God by ons – elke sekonde van elke dag deur elke gebeurtenis.

Wanneer die pad ondraaglik voel, Let Go and Let God. Hy stap elke tree saam met jou. Jy is regtig nooit alleen nie.

Uitdaging: Om een keer ’n dag raak te sien waar Jesus saam met jou is of besig is om in jou lewe te werk.

Gebed: Jesus, dankie dat ek weet U is nie ver van my af nie, maar dat U soos ‘n skaduwee altyd by my is. Amen.