What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

#imagine Maandae – Selfs ‘n moordenaar kan terugdraai na Jesus!

Handelinge 9:1-6

5 “Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.

Het jy al ooit iemand ontmoet en by jouself gedink: “Hierdie persoon is net té sondig, hulle sal nooit kan verander en vir God leef nie.” Of het jy dit al van jouself gedink?

Hierdie storie herinner ons dat dit nie saak maak op watter pad ons nou is nie, Jesus tree vir ons in en roep ons terug na Hom toe. Hierdie storie is fantasties, want Jesus openbaar Homself aan Paulus op ʼn baie dramatiese wyse.

Jesus het ons baie lief en is altyd in ons lewe, partykeer op ʼn verrassende manier! Jesus kan ander mense gebruik om uit te reik na jou, en Hy kan jou gebruik om uit te reik na ander. Wat ʼn wonderlike voorreg en uitdaging!

Selfs ‘n moordenaar kan terugdraai na Jesus!

Gebed: Dankie, Jesus, omdat U gekies het om deel te wees van my lewe. Dankie dat U so geduldig is met my, en dat U my kom haal wanneer ek wegdwaal. Help my om uit te reik na ander en U liefde en genade met hulle te deel! Amen.

Uitdaging: Bid vir iemand wie in ʼn slegte plek is in hul lewe en bietjie ekstra liefde benodig. Bid elke dag vir hulle en vra vir die Here hoe jy vir hulle tot seën kan wees.