What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

#imagine-Maandae Jesus sien jou nood raak!

Matteus 14:13-21

“Toe Hy hulle sien, het Hy hulle baie jammer gekry”

Jesus wou graag alleen op sy boot wees, maar die skare het Hom agtervolg. Jesus se reaksie teenoor hulle wys ons iets baie spesiaal van Sy hart – hy gee baie om vir elkeen van hulle.

Al was Jesus moeg, het Hy besluit om hulle te versorg in plaas van om hulle huis toe te stuur. Baie van ons sou óf geïrriteerd geraak het óf net hulle half geïgnoreer het en met ons eie pad aangehou het. Maar Jesus kies om iets van Homself op te gee al was Hy bitter moeg. Hoe het Jesus jou onlangs versorg?

Dit is nogal iets om te weet dat Jesus ons nood raaksien (soms lank voor ons dit self kan raaksien) en vir ons omgee. Hoe kan jy hierdie week iemand help om raak te sien hoe lief Jesus hulle het?

Jesus sien jou nood raak en wil jou help!

Gebed: Dankie Here, dat U altyd my nood sal raaksien en nie wegdraai van my af nie. Staan asseblief altyd by my en help my om U liefde met ander te deel. … Amen.

Uitdaging: Maak ʼn lys van die dinge waarmee jy help nodig het. Bid daaroor en praat met iemand wat jou kan ondersteun.