What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hou aan oefen om God se Woord te lees

Psalm 119:11

Moet asseblief nie dat ek U wonderlike pad misloop en begin sonde doen nie. U Woord is diep in die brandkluis van my hart weggebêre. Dit keer dat ek dinge doen waarvan U niks hou nie.

As jy om jou kyk in die wêreld en jy kyk na almal wat suksesvol is, wat sien jy raak? Die slimmes lees baie en skryf baie. Die fikses spandeer baie tyd in die gym of op die sportveld. Die rykes hardloop met baie groot idees. Maar dis obvious: as jy iets goed wil doen moet jy daaraan oefen.

So hoekom is ons dan so verbaas as ons min tyd met God se Woord deurbring en nog steeds aanhou met die of daai sonde? Hoekom verbaas dit ons dat ons sukkel om kwade gevoelens te laat gaan, mense lief te hê, ons ouers te respekteer of hard te werk?

Jy sien, as ons God se Woord regtig in ons harte bêre, gaan ons nie wil sondig nie. Dit gaan nie iets wees waarvoor ons moet fight nie. Dit gaan natuurlik kom, omdat ons dit inoefen om God te leer ken en soos Jesus te leef.

Hou aan oefen om God se Woord te lees!

Gebed: Dankie, Jesus, dat U vir my wys hoe om te lewe. Help my om elke dag ‘n punt daarvan te maak om U beter te leer ken deur my Bybel te lees. … Amen.

Uitdaging: Stel jou wekker in die oggende die week so bietjie vroeër as gewoonlik en los dit aan die ander kant van die kamer. Jy sal moet opstaan om jou wekker af te sit en jy het dan ‘n paar minute ekstra om Jesus beter te leer ken in die Woord.