What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hopelose einde of eindelose hoop?

Jesaja 43:1 Luister, so sê die Here wat jou geskep het: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

Wanneer ‘n mens in enige aktiwiteit misluk, is jy nie ‘n mislukking nie. Moenie toelaat dat die duiwel vir jou jok nie. Hy is geneig om ons altyd te wil afkraak totdat daar niks meer van ons oor is nie. Hy wil enige hoop wat ons het, van ons steel.   

Hoe wil jy jouself sien? Suksesvol? Skep ‘n positiewe prentjie in jou gedagtes. Maar onthou: Positiewe gedagtes alleen is nie genoeg nie.

Stel vir jou kleiner, spesifieke doelwitte wat maklik bereikbaar is en koppel spesifieke take daaraan wat daagliks afgehandel word. Só bou jy ‘n goeie selfbeeld deur kleiner suksesse wat lei tot groter suksesse.

  • Herinner jouself gedurig aan jou sterk punte.
  • Maak vrede met jouself as jy nie alles dadelik regkry nie.
  • Ontwikkel ’n goeie ondersteuningsisteem: ander mense in jou lewe en die terugvoer, respek en aanvaarding wat jy van hulle kry, laat jou waardevol en spesiaal voel.
  • Begin met ’n eenvoudige oefenroetine soos om ver ente te stap.
  • Probeer gesond eet.   

Verhoog jou selfbeeld deur positief oor jouself te dink en in jouself te glo. Daag die kritikus binne jou uit: “Ek het die toets gedop. Ek is dom en sal nooit suksesvol wees nie.” Verander dit na: “Ek het dié een gedop. Met harde werk sal ek dit volgende keer regkry.”

Vrees vir mislukking is die grootste struikelblok. Die oplossing vir enige vrese is aksie. Kyk jou vrese in die oë en wys hom wie is baas.

Uitdaging: Glo in jouself. Jy is baie waardevol. Respekteer jouself. Aanvaar jouself. Niemand is volmaak nie.

Gebed: Here, dankie dat U my uniek gemaak het. Leer my om myself te aanvaar net soos ek is. Amen.