What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hoop vir depressievegters

Meer en meer mense word vandag met depressie gediagnoseer en baie van hulle is kinders.

Depressievegters en mense wat depressievegters ken, moet weet wat die siekte behels. Johan Laten gebruik sy eie ervaring van die siekte om ouers en onderwysers op ’n unieke manier te laat verstaan wat depressie behels – die simptome, oorsake en behandeling.

“Die moderne samelewing worstel om gemoedsiektes soos depressie baas te raak. Johan se selfhelpgids bied ’n maklike leeservaring vir die leek, en gee die korrekte inligting en leiding sonder om in mediese terme verstrengel te raak.” –Dr. Piet Oosthuizen, psigiater.

Die behandeling van depressie is ’n spanpoging met God as ons bron van krag en hoop, professionele beraders, medikasie, leiding deur ouers en onderwysers – en natuurlik die depressievegter self. Die Práát oor depressie-pakket bied jou…

• ’N SELFHELPGIDS VIR OUERS EN ONDERWYSERS

Alles wat jy moet weet om die siekte te verstaan. Kwessies wat saam met depressie voorkom, naamlik angs, selfbesering, selfdood en boelies, word eerlik en reguit bespreek. Die gids bevat ook stap-vir-stap-begeleiding oor hoe om die depressievegter by te staan en te ondersteun.

• ’N SELFDOENBOEK VIR DEPRESSIEVEGTERS

Die depressievegter word aangemoedig om dinge te begin doen. Die stap-vir-stap-benadering en vordering teen eie pas maak dit maklik om na elke volgende fase te beweeg.

Bonus: Ekstra selfdoenboeke kan gratis afgelaai word.

• ’n DVD met MP4-video’s

Hierdie video’s is ’n uitstekende voorstelling van wat dit is om met depressie saam te leef en steeds te funksioneer en te kan lag.

Johan praat uit ondervinding en verseker jou dat dit moontlik is om jou doel te vind midde-in jou pyn, om vreugde te beleef ten spyte van jou vrese en om hoop te hê vir môre.

Bonus: Die oudio’s kan gratis afgelaai word in MP3-formaat.

Uitdaging: Gaan na https://voelgoedboeke.co.za/product/praat-oor-depressie-depressiegids/ en koop die depressiegids vir iemand wie se lewe jy kan red. Kry nou 60% afslag.

Gebed: Here, help my om te weet dat depressie ‘n behandelbare siekte is. Help my om aan U vas te klou in hierdie moeilike tye. Wees asb. die rots waaraan ek kan vashou. Help my om hierdeur te werk. Ek weet saam met U is alles moontlik. Amen.