What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hoop maak jou paaie makliker

“Maar hulle wat op die Here vertrou, kry altyd weer krag. Hulle word soos ‘n arend wat vlieg. Hulle hardloop en word nooit moeg nie. Hulle loop en raak nooit uitgeput nie.” – Jesaja 40:31

Met elke ding wat ons doen in die lewe, is daar ‘n berg waaroor ons moet kom. Baie van ons ignoreer daai berg, maar as jy dink dit gaan help om daai berg te laat verdwyn, is jy verkeerd! Die enigste manier om ontslae te raak van daai berg, is om hom te klim. Onthou: Daar’s nie kortpaaie in die lewe nie. Tog kan ons nie alleen daai berg uitklim nie.

Die Here sê vir ons as ons op Hom vertrou, sal ons nuwe krag kry, en ons sal nooit moeg word nie. Met die Here se krag sal jy daai berg makliker kan uitklim! En dis wat die Here wil hê. Hy wil hê ons moet ons hoop op Hom sit, sodat ons nie alleen die moeilike situasies in ons lewens hoef aan te vat nie. Onthou: As jy nie op God vertrou nie, kan Hy jou nie help nie.

Gebed: Here, ek sit met probleme in my lewe. Ek kan dit nie alleen vasvat nie! Gee my hoop Here, en help my om op U te vertrou. Amen!

Uitdaging:As jy ‘n moeilike tyd het met werk, met jou vriende of ander dinge wat jou pla, gaan sit en praat met ‘n vriend wat jy kan vertrou.