What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hoendervleis en die sluise van damme

Hierdie hele week het ons gepraat oor God se genade. Die genade wat ons soos in glad nie verdien nie, maar tog so vrylik ontvang. Ek verstaan steeds nie altyd God se genade nie. Hoe kon Hy Sy enigste Seun aan die kruis laat vasspyker het vir ‘n sondaar soos ek?

Ek luister hierdie liedjie, Grace to grace, van Hillsong kliphard in my kamer. Die hoendervleis kriewel op teen my lyf en die sluise van damme word oopgemaak deur my oë. Ek staan in bewondering oor God se liefde vir ons. Dit is vir my as mens, wat partykeer sukkel om te vergewe of teenoor iemand genadig te wees, moeilik om God se genade te verstaan.

Ek vind my rus in die wete dat ek nie alles van God kan verstaan nie. Dit is mos wat Hom die ultimate God maak. As ek alles van Hom verstaan het, was God nie God nie. Lees hierdie woorde van Grace to Grace sommer 3 keer deur en laat dit insink. Dis ook op YouTube by https://youtu.be/sq3mrz_C92s.

If love endured that ancient cross
How precious is my Savior’s blood
The beauty of heaven wrapped in my shame
The image of love upon death’s frame

If having my heart was worth the pain
What joy could You see beyond the grave
If love found my soul worth dying for

How wonderful, how glorious
My Savior’s scars victorious
My chains are gone, my debt is paid
From death to life and grace to grace

If heaven now owns that vacant tomb
How great is the hope that lives in You
The passion that tore through hell like a rose
The promise that rolled back death and its stone

If freedom is worth the life You raised
Oh where is my sin, where is my shame?
If love paid it all to have my heart

When I see that cross, I see freedom
When I see that grave, I’ll see Jesus
And from death to life, I will sing Your praise
In the wonder of Your grace

Die woorde wys net vir my hoe groot God is. Hy is superior en heeltemal bo ons menslike verstaan. As ons ‘n klein deeltjie van God se genade verstaan en besef, sal ons nie anders kan as om dit uit te leef nie.

Uitdaging: Laat God se genadige Gees oor jou neersak. Besef wat Jesus vir jou aan die kruis gedoen het. Dink dan twee keer voor jy iemand wil terugkry. Trek jou lelike en afgunstige woorde terug. Leef Jesus se genade.

Gebed: Dankie Here God, vir U genade. Help my om genadig te wees teenoor die mense rondom my. Amen.