What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hoe veg ons ongeregtigheid? Met liefde

2 Korintiërs 4:16

16Ons gee nooit moed op nie, ook nie wanneer ons rondgestamp en mishandel word nie. Nee, dan byt ons eers vas, want God is die hele tyd by ons. Hy maak ons elke dag van binne af nuut.

Deesdae as ons so scroll deur Instagram, sien ons gereeld hoe mense oor allerhande ongeregtighede in die wêreld post. Ongeregtighede is al die dinge wat gebeur in die wêreld wat mense doen aan ander om hulle neer te druk en sleg te behandel.

Dis dan maklik vir ons om moedeloos te word en te dink dat die wêreld glad nie kan verander nie. Tot ‘n mate ervaar ons ook ongeregtigheid in ons eie lewens en dit maak regtig seer. Maar een ding wat ons nie kan doen nie, is om ongeregtighede te aanvaar. Ons is nie gemaak vir ongeregtigheid nie, maar eerder om God se liefde te ervaar.

God se plan is om ten spyte van die ongeregtighede ons elke dag nuut te maak. Ons seer plekke bring nie vir God vreugde nie. Hy smag om naby ons te wees en daagliks ʼn pad saam met ons te stap. Omdat God ons so liefhet, sal Hy ons nooit net op ons eie los nie. En soos ons saam met Hom deur die lewe gaan, omskep Hy ons seer en gee Hy vir ons geleentheid om die seer om ons te omskep.

Hoe veg ons ongeregtigheid? Met liefde.

Gebed: Dankie Here, dat U altyd by ons is. Here, soos wat ek die ongeregtigheid om my sien, help my om nie daardeur mismoedig te word nie. Vat my by die hand om elke dag U liefde opnuut te ervaar en dit uit te gee aan almal wat ook rondom my seerkry.

Uitdaging: Dink na oor die volgende: Watter ongeregtighede is daar rondom jou? Hoe dink jy God roep jou om Sy liefde te wys in die plekke waar ongeregtigheid gebeur?