What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hoe tree jy teenoor ander op?

1 Korintiërs 3:3 : Want julle stel net belang in julleself en julle menslike behoeftes. Kyk net na julle. Julle baklei soos kat en hond en gun mekaar niks nie. Bewys dit nie juis dat julle net aan julleself dink nie? Tree julle nie op soos mense wat eerder hulle eie belange as God se belange kies nie?

Dit gebeur met ons almal. Een van jou vriende kry ‘n nuwe foon, klere of selfs ‘n motor en jy is skoon jaloers op hom/haar. Jy werk regtig hard, maar die onderwyser sien nooit jou werk raak nie. Dis altyd net die populêre kinders wat aandag kry. Jy en jou ouers sit gedurig vas en dan hoor jy kort-kort al jou foute en die probleme wat hulle met jou het. Dan vergelyk hulle jou nog met jou broer of suster ook!

Dit is moeilik om nie jaloers te raak teenoor ander mense nie. Ander is altyd beter, mooier, slimmer of ryker as jy en dan raak jy jaloers, want jy wil graag hulle wees.  Die teks van 1 Korintiërs 3 waarsku ons juis dat ons nie net in onsself moet belangstel nie. Ons moenie selfgesentreerd lewe nie. Dit beteken jou eie belange en gevoelens moenie belangriker wees as ‘n ander s’n nie. So wanneer ‘n pel dalk ‘n beter foon of beter punte as jy behaal, moet jy bly wees vir hom of haar en ook gelukwens met dit wat hulle behaal het sonder om afgunstig en jaloers te wees.

Jaloesie is ‘n baie natuurlike gevoel onder mense, omdat ons verskillende persoonlikhede en talente het.

Hoe kan ons jaloesie weghou? Deur op God te fokus en te besef dat Hy elke persoon uniek gemaak het.

Gebed: Here, help my asseblief om nie jaloers te wees op my vriende nie. Ek weet U het my gemaak net soos ek is en dat ek unieke talente van U gekry het. U wil nie hê ek moet myself met ander vergelyk nie. Amen.

Uitdaging: Probeer vandag fokus op jou eie talente eerder as om jouself met ander te vergelyk.