What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hoe kan jy iemand wat onderdruk is bystaan?

Lukas 4:18-20

18“Die Gees van die Here is op My. Hy het my aangestel om goeie nuus te bring vir daardie mense op wie almal neersien; van nou af is hulle vir God baie spesiaal.”

Hierdie gedeelte kan beskryf word as Jesus se missie in Sy lewe. Hoe sou jou lewe lyk as dit ook jou missie sou wees om die goeie nuus te bring aan die mense op wie almal neersien?

Baie mense rondom ons is vasgevang in slegte omstandighede. Daar is baie mense wat stukkend en onderdruk is, en ons diepste begeerte moet wees om hulle by te staan. Hoe word ons deel van hierdie plan? Hoe kan ons help om mense vry te maak, die stukkendes help om heel te word, en die onderdrukte mense se swaarkry te verlig?

Jesus se lewe, dade en woorde kan vir ons ʼn paar leidrade gee. Dit is belangrik om te onthou dat God ons geroep het om mekaar by te staan en mekaar te ondersteun deur die goeie en slegte tye.

Hoe kan jy iemand wat onderdruk is bystaan?

Gebed: Here, dankie dat U vir my die krag gee om saam met ander te wees en U liefde met hulle te deel. Lei my asseblief en gee vir my die wysheid om hulle te help soos wat hulle dit nodig het. Amen.

Uitdaging: Daag jouself uit om meer te leer oor mensehandel in die wêreld (volg byvoorbeeld A21 of die End it movement op instagram).