What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Heilige Tempels vir God

1 Korintiërs 3:17: “As iemand God se tempel skade aandoen, sal hy met God self te doen kry. En dit gaan nie lekker wees nie, want God se tempel behoort aan Hom. Dit is Syne en net Syne. Julle is daardie tempel van God.

Elke Christen is ‘n tempel van God!

Ons word deesdae so maklik verlei wat maak dat ons verkeerde besluite neem. Die duiwel is listig en hy stuur vir ons verkeerde maats wat ons aan verkeerde dinge soos drank-en-dwelmmisbruik, rook, losbandige lewe … ens. blootstel. Hy wil graag hê dat ons van die regte pad moet afdwaal sodat ons vir God daardeur kan seermaak.

Daarom moet ons altyd na die stem in ons binneste luister en nie dinge doen om in te weesby ons vriende nie. As ons drank of dwelms gebruik, of ons rook, of as ons selfs losbandige lewe, beskadig ons die tempel van God. Daardeur verniel ons nie net ons eie liggame nie, maar ons stel vir God en ons geliefdes teleur.

Maar dis nie te laat om op jou knieë te gaan en vergifnis te vra nie. Vra ook vir Jesus vir wilskrag om jou uit hierdie situasie te help, sodat jy weer volgens Sy wil kan leef. Hy is daar en dalk wag Hy speisaal vir jou om Sy hulp te vra sodat jy met hierdie slegte gewoontes kan breek. Neem net die eerste tree na vergifnis en gebruik die kans om weer te probeer.

Wees bereid om met jou sondige natuur oorlog te maak en vra vir Jesus om jou te help om sterk te staan teen die versoekings. Voor jy weer in ‘n verkeerde situasie beland, vra jouself: “What will Jesus do?”  

Uitdaging: Plaas jou hand in Jesus s’n en neem ‘n besluit en hou daarby! Doen dit sommer nou!

Gebed: Jesus, ek probeer so hard om ‘n heilige tempel vir U te wees. Ek kry dit nie altyd reg nie. Vat asb. my hand en help my om meer soos U te wees. Amen.