What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Heilige Gees gee ons hoop!

Romeine 5:5

5 Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met Sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly.

Al ooit gehoor van ʼn fader? Dis daardie een persoon wat altyd sal terugtrek van planne af op die laaste oomblik. Hulle woorde (wat sê hulle sal teenwoordig wees) word nie in hulle aksies gereflekteer nie. Dis teleurstellend as ons baie hoop in iets plaas en dit gebeur nie omdat mense fade.

God is nie ʼn fader nie. God verduidelik op ʼn paar geleenthede in die Bybel dat Hy by ons sal wees en ons nie verlaat nie. Ek dink soms ons raak mismoedig as ons swaarkry en vra dalk waar God is in die middel van dit alles. Maar dalk is dit net omdat God nie doen wat ons wil hê Hy moet doen nie. Dan is ons in die versoeking gestel om te sê dat God nie daar is nie.

As ons vertrou op Jesus, gee Hy aan ons Sy Heilige Gees. Ons kan God ervaar waar ons is omdat God se Gees dan in ons woon. Heilige Gees (God se gees is persoonlik, daarom hou ons nie darvan om ‘n ‘Die’ vooraan Heilige Gees te plaas nie) sal ons lei om God se liefde te ervaar selfs in die midde van swaarkry. God is so in ʼn persoonlike nabye manier teenwoordig. Dit is deurdat ons Heilige Gees ontvang het dat ons ʼn groot toekomsverwagting het.

Heilige Gees gee ons hoop!

Gebed: God, dankie dat U my hoop gee omdat U gees in my woon. Heilige Gees, wees my GPS op die paaie waar ek loop in die lewe. Dankie dat jy vir my die rigting wys om God in moeilike tye raak te sien.

Uitdaging: Lys 3 maniere wat jy God vandag raakgesien het om jou. Om hieroor te dink help ons om meer vir God raak te sien in klein dingetjies – wat wys net hoe amazing Hy is.