What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hanteer eerder jou eie gevoelens beter

Efesiërs 4:29 “Moet ook nie allerhande vuil grappe vertel of lelike praatjies maak nie. As julle iets sê, moet dit iets wees wat die moeite werd is om te sê en vir ander iets beteken. Kyk wat nodig en goed is om in die omstandighede te sê en sê dit dan.” 

In hierdie vers kry ons ʼn baie belangrike riglyn vir ʼn nuwe, goeie lewe. Vuil taal beteken nie net om te vloek of om lelik te praat met ander mense nie, maar dit beteken ook om taal te gebruik wat ander seermaak en hulle afbreek. Daar kan nie ‘n goeie lewe wag op iemand wat ander afkraak nie, en dit maak die lewe ook moeiliker vir die een wat afgekraak word.

Ons het partykeer weird emosies en weet nie altyd hoe om hulle te hanteer nie. Wanneer ons nie regtig weet hoe ons voel nie en ons laat daardie emosies ons gedagtes en gedrag beheer, kan ons vir mense kwaad word wat eintlik niks verkeerds gedoen het nie. Dit beteken dat ons ons eie seer gevoelens op mense uithaal wat nie vir ons seergemaak het nie. Hoe kan ons keer dat dit gebeur?

Ons moet gereeld in check by onsself en enige moeilike emosies met God deel. Gesels met Hom oor hoe jy voel, skryf dit neer, of teken iets wat dit help uitbeeld. Hoe beter ons onsself verstaan, hoe makliker raak dit om onsself en ander lief te hê.

Gebed: Here, help my asseblief om nie my eie emosies op ander uit te haal nie. Help my om deur hierdie kwaadgevoelens te werk sodat ek hulle beter kan hanteer. Help my om ʼn beter vriend vir ander te wees. Dankie vir al U genade en geduld! Amen.

Uitdaging: Skryf die week ʼn bladsy of twee oor watter emosies jy deur die dag gevoel het, en dalk hoekom jy dink jy hulle gevoel het. Praat met God oor jou bladsye, en luister mooi wat Hy vir jou wil sê.