What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Groen monster vreet ons op

Spreuke 14:30 ‘n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; jaloesie vreet ‘n mens op.

Jaloesie is ʼn vreeslike ding, maar soms voel dit onvermydelik. Almal het al op ʼn tyd jaloesie beleef, want dit is hoe ons samelewing maar werk – vergelyking en kompetisie! Maar is dit wat God vir ons wil hê?

Hierdie teks herinner ons dat emosies soos jaloesie ons nie net emosioneel affekteer nie, maar ook fisies. Deur onsself met ander te vergelyk en te wens ons kon soos hulle wees, is ons besig om onsself (en daarom God se skepping!) seer te maak. God skep elkeen van ons uniek en perfek soos Hy ons graag wou hê – al wat ons moet doen, is om dit te vier!

Gebed: U skepping is goed en mooi! Dankie, Here, vir die talente en gawes wat U vir ons gegee het. Dankie vir die liggaam en potensiaal wat U vir my gegee het! Herinner my daagliks om myself lief te hê soos U my liefhet. Amen.

Uitdaging: Skryf neer al die dinge waarvoor jy dankbaar is in jouself. Maak seker dat jy ten minste 5 dinge neerskryf en sê vir God dankie daarvoor. Daag ʼn paar vriende uit om dieselfde te doen.