What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Groei in mentorskap! – #imagine Maandae

Spreuke 27:1-7

17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.

As jy terugdink oor jou lewe, watter mense het God in jou lewe geplaas as mentors? Hoe het hulle jou gehelp op jou geloofsreis?

Jy kan ook ʼn mentor wees vir iemand! ʼn Mentor is iemand na wie ander opkyk, nie omdat hulle perfek is nie, maar omdat hulle Jesus volg.

Mentors se geloof spoel oor na dade en hulle is ʼn voorbeeld vir ander in geloof (wat ek glo en hoe ek God dien), lewenswyse (hoe ek leef volgens God se wil, gewoontes en gedrag), en liefde (hoe ek omgee en liefhet). Dit is ʼn wonderlike voorreg om ʼn mentor vir iemand te wees.

Groei in mentorskap!

Gebed: Liewe Here, dankie dat U vir mense die geskenk van mentorskap gee. Dankie dat daar mense is wat die tyd maak om vir iemand wat leiding nodig het, te mentor. Help my om ʼn mentor te kry wat saam met my op my geloofsreis sal stap. As ek vir iemand ʼn mentor is, gee vir my die wysheid en genade om die tipe mentor te wees wat U my bestem het om te wees. Amen.

Uitdaging: Teken sirkels van al die verskillende areas van jou lewe soos skool, werk, vriende, familie, kerk, sport, belangstellings en roetines. Skryf in elke sirkel die mense wat oor jou pad kom (mense met wie jy gereeld tyd deurbring, soos klasmaats en ander vriende). Kan jy aan iemand dink wat dit sal waardeer as jy sy of haar mentor is?