What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God wil ons nader trek!

2 Korintiërs 5:19

Dit beteken dat God die wêreld met Hom versoen het omdat mense aan Christus behoort. Hy het die sonde wat mense gedoen het, nie gestraf nie. En Hy het vir ons gesê ons moet vir mense vertel dat God so vir hulle versoening gedoen het.

Versoening (kyk na gister se verduideliking van die woord as jy dit gemis het) is nie net vir my en vir jou nie… wel, nie net as individue nie. Deur Jesus wil God die wêreld met Homself versoen. Hy wil al die gebrokenheid in die wêreld omskep in dinge wat mooi en goed is.

God se eerste plan met ons as mense is nie om ons te straf oor ons sondes nie. Ja, sonde het gevolge, maar God wil ons eerder nader aan Hom trek en versoening bring (versoening wat die hele wêreld verander). Vir God is versoening die eerste prys, eerder as om ons net oor Sy skoot te gooi en ons ʼn pakslae te gee.

Ons moet aanhoudend ons prentjie van hoe ons God sien, verander soos wat ons nuwe dinge oor God leer. Ons was nie gemaak om bang te wees vir God nie. God wil ons nie verwerp omdat ons sondig nie, maar Hy wil ons eintlik nader trek, versoening bring, sodat ons in Sy goeie vryheid kan leef.

God wil ons nader trek!

Gebed: Here, ek weet dat ek nie altyd die beste doen vir my en vir ander nie, soms sondig ek. Maar dankie dat U my nie daaroor wil verlaat nie, maar dat U my eintlik wil herstel en ʼn nuwe mens maak… Amen.

Uitdaging: Speel hierdie aanbiddingsliedjie van youtube as jy kans kry (waarskuwing – dit gaan heelwat data neem): https://youtu.be/RctWcSC6QNE. God is getrou in die manier waarop Hy versoening wil bring.