What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God wil jou nie net die heeltyd aan jou foute herinner nie!

Johannes 3:16-17

16“God het bewys hoe lief Hy die wêreld het… 17God het nie die Seun na hierdie wêreld toe gestuur om net vir almal te kom sê hoe sleg hulle is nie. Nee, Hy het Hom gestuur sodat mense wat sleg was weer by God kon uitkom.

Vir baie van ons is Johannes 3:16 die mees bekende vers in die Bybel. Wat ons soms vergeet, is om net so bietjie verder te lees. Ons word gesê dat God ons liefhet, maar dis moeilik om te glo, want ons voel so sleg oor onsself. Ons sien ons foute raak en ons dink dan God is net so behep met ons foute as wat ons is.

Niemand hou daarvan as iemand die heeltyd vir hulle sê waar hulle verkeerd is nie. En hoe meer ons hoor hoe sleg ons is hoe meer glo ons dit van onsself. As ons maar net agterkom hoe streng ons soms op onsself kan wees, terwyl God ons probeer wys hoe lief Hy ons het.

Jesus kyk na al ons foute en mislukkings en Hy wil dit vergeet. Hy wil hê ons moet wegkom van die foute van ons verlede sodat ons God meer en meer kan geniet!

God het jou lief! Hy wil jou nie net die heeltyd aan jou foute herinner nie!

Gebed: Dankie Here, dat U nie net op my foute konsentreer nie, maar dat U eerder wil hê dat ek U moet leer ken. Ek wil nie meer hê dat my foute my moet weghou van U nie. … Amen.

Uitdaging: Deel hierdie stukkie Padkos met iemand.