What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God wil jou in jou krisis uithelp!

Psalm 91:14-15

14Die Here sê self: “Iemand wat My liefhet, sal Ek uit enige gevaar bevry. Ek sal hom beskerm omdat hy My vertrou. 15Wanneer hy My om hulp vra, sal Ek hom help; Ek sal hom in enige krisis bystaan. In sy nood sal Ek hom help. So sal Ek eer aan hom bewys.

Mense plaas so baie klem op God se liefde dat hulle soms in die versoeking gestel word om te glo dat ons net kan doen wat ons wil, want God het ons lief. En tot ‘n mate is dit waar, maar dis nie die tipe houding van iemand wat vir God liefhet nie.

Kom stap ‘n paadjie met God. Kom ons leer wie God is. Kom ons vertrou op God. Kom ons wees lief vir God. Hierdie is die tipe dinge wat ons nader bring aan God se goeie wil vir ons lewe. Ons moenie dink dat God nie omgee nie, want Hy gee baie om en Hy is super beskermend oor die mense wat vir Hom liefhet.

Jy kan enige tyd vra dat God jou uithelp! God is nie soos daai een vriend wat jou op die blue check los nie. Ons het 24uur/dag ‘n manier om met God te praat deur gebed. As God vir ons is, wie kan teen ons wees?

God wil jou in jou krisis uithelp!

Gebed: Hemelse God, dankie dat U lief is vir my. Ek wil ook in my lewe wys dat ek lief is vir U. Soos wat ek ‘n paadjie stap saam met U in die lewe, weet ek U sal my beskerm, omdat ek op U vertrou!… Amen.

Uitdaging: Partykeer gebruik God ander mense om uit te help in ‘n krisis. Is daar iemand wie jy ken wat deur ‘n krisis gaan? Kyk of daar ‘n manier is om hulle te help.