What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God wil graag jou lewe vol goeie dinge maak!

Psalm 91:15-16

15Wanneer hy My om hulp vra, sal Ek hom help; Ek sal hom in enige krisis bystaan. In sy nood sal Ek hom help. So sal Ek eer aan hom bewys. 16Ek sal sy lewe vol maak met goeie dinge. Hy sal lank leef. Hy sal bly wees, want hy weet dat Ek graag help.”

Ons verstaan dat God die hulproep hoor van almal wat Hom liefhet en dat Hy ons graag wil beskerm. Maar God doen soveel meer as om ons te beskerm. Kan jy dink aan ‘n keer wat jy hulp nodig gehad het of dalk ‘n slegte dag gehad het en iemand jou gehelp het of jou dag beter gemaak het?

God wil graag so iemand wees in jou lewe! In Romeine 8:28 staan: “Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit.” God beplan vir ons goeie dinge en nie slegte dinge nie.

Dit beteken nie dat die lewe altyd gaan voel soos ‘n droom waar al jou wense waar word nie. Maar dit gee vir ons die hoop dat God by ons sal staan en vir ons die goeie dinge in die lewe sal uitwys sodat ons vas kan staan in Sy liefde.

God wil graag jou lewe vol goeie dinge maak!

Gebed: Vader, ek glo dat U my lewe vol goeie dinge wil maak omdat ek vir U liefhet. Help my om meer van U liefde te ontdek sodat ek kan weet dat U daar is wanneer dit voel asof ek oorweldig word. Amen.

Uitdaging: Het jy geweet dat meeste van die Psalms lofliedjies was tot God? Elke Vrydagmiddag plaas ons ‘n musiekvideo op die App en website (www.roadtrip247.com) – loer sommer dan na die lofliedjie wat ons vandag plaas.