What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God wen!

Jakobus 1:2

My liewe mede-Christene, wees opgewonde as julle geloof by elke geleentheid getoets word. Julle weet mos hoe goed dit vir julle geestelike lewe kan wees.

Ek het onlangs afgekom op ‘n kletsrymer (dis die fancy Afrikaanse woord vir ‘n rapper) met die naam van Andy Mineo. Sy een song Clarity gaan oor ‘n worsteling met God. En dit is duidelik dat die storie wat hy in die liedjie vertel nie maklik is nie.

Aan die einde sê ‘n stem: “I want God to wrap me in the everlasting wings and say: ‘There there, it’s alright … Yes, I know it’s terrible, I know it hurts, but be patient, it’s gonna work out. I’m not gonna lose, I’m gonna win, it’s alright.’”

Ek dink ons smag soms ook daarna dat God vir ons vertel dat alles okay sal uitdraai, want sommige dae voel dit asof die wêreld op ons wil neersak. Maar wat ek love, is hoe Jesus ons die heeltyd verseker dat Hy op die ou end die oorwinnaar in elke situasie is. (Johannes 16:33)

Partykeer is dit goed om te worstel met God se waarhede. Partykeer is dit goed as ons geloof getoets word. En ons mag vir God vra vir antwoorde. Dit is een van die maniere waarop ons God beter kan leer ken en hoe ons geestelik kan groei. En elke keer ontdek ons net weer: God wen!

God wen!

Gebed: Jesus, dankie dat U altyd daar is om my by te staan wanneer dit voel asof alles en almal rondom my padgee. Saam met U kan ek ook moeilike omstandighede oorleef. … Amen.

Uitdaging: Wanneer jy kans kry, kyk ‘n bietjie na die liedjie waarvan ek praat in die Padkos: https://www.youtube.com/watch?v=Ki2c9GnL8L8. Deel dit met een van jou vriende.