What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God vind altyd ‘n weg

Hebreërs 13:8

Jesus Christus bly immers dieselfde. Soos Hy gister was, is Hy vandag en sal Hy môre ook wees.

Worry jy soms as jy oor die toekoms dink? Ek het al by tye erg ge-worry! Ons het mos maar sekere idees in ons kop wat alles nodig gaan wees vir ons om okay te wees. Dit hang baie af van dit waaraan ons gewoond is. Wat ek dink nodig is vir my lewe om sin te maak word dalk deur iemand anders as totale luxury beskou!

Dinge werk ook nie altyd uit soos ons dit in ons kop beplan nie. Dan begin die “Wat as … gebeur?” en “Hoe nou?” gedagtes kan maklik ons gedagtes oorneem.

Wat ons vergeet, is dat God almagtig, betroubaar en altyd by ons is. Hy het nie al daardie lysies nodig wat in plek moet wees om dinge vir ons reg te laat uitwerk nie. Iets soos ‘n see wat in die pad staan of ‘n woestyn sonder kos vir meer as 2 miljoen Israeliete is nie eens amper vir Hom ‘n probleem nie.

Soos wat God in die Bybel vir mense gesorg het, wil en kan Hy ook vandag vir jou doen. En ook môre. Al verstaan jy nog nie die detail van hoe dit gaan uitwerk nie.

God vind altyd ‘n weg.

Gebed: God, ek voel baie bekommerd. Dinge werk nie uit soos ek dink dit moet nie. Help my om te vertrou en te glo dat U in beheer is. Wys my U antwoorde vir my probleme. Amen.

Uitdaging: Skryf jou lysie neer wat jy dink nodig is vir jou om in die toekoms okay te wees. Gee dit vir God en vertrou Hom om te sorg dat jy ok gaan wees, al gebeur wat op jou lysie staan nie alles nie. Gooi daardie lysie in die vuur, sit dit in jou Bybel of aan ‘n kruisie vas as ‘n simbool daarvan dat dit in God se hande is.