What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God verlaat ons nie

Psalm 139:15-16

 

15My bene was vir U sigbaar

toe ek stilletjies gevorm is

in die dieptes

van die moederskoot.

16U het my gesien

voor ek gebore is.

In u boek is alles opgeteken;

elke dag is bepaal

voordat een van hulle daar was.

 

Ons is dikwels so bekommerd oor die dinge wat môre, die dag daarna of selfs ‘n week van vandag af gaan gebeur. Ons wil net weet dat alles goed sal uitdraai.

Toe Dawid Psalm 139 geskryf het, het hy gedink aan die maniere waarop God teenwoordig is, selfs toe hy nog nie eers gebore was nie. Nie net het God ons geken voordat ons gebore is nie, maar hy weet watter paaie ons in ons lewens sal teekom.

Miskien moet ons nie onsself soveel bekommer oor wie ons is, hoe ons lyk en wat môre kom nie, want God is reg deur alles daarvan teenwoordig. God verlaat ons nie. Hy het nooit en sal nooit nie en dit kan ons soveel troos gee!

God verlaat ons nie. Hy het nooit en sal nooit nie.

Gebed: Liewe God, U is so wonderlik vir my. U het my geken nog lank voordat ek gebore is en U weet wie ek sal word. Lei my asseblief op U pad Here, sodat ek kan leef hoe ek gemaak was om te lewe.

Uitdaging: Dink aan een ding wat jou bekommerd maak oor hierdie week. Bid daarvoor en weet dat God elke stap van die dag by jou is.