What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God vergeet nie van ons behoeftes nie

Matteus 6:31-32

31“Daarom moet julle nie bekommerd wees nie. Julle moenie vra: ‘Wat moet ons eet?’ of ‘Wat moet ons drink?’ of ‘Wat moet ons aantrek?’ nie. 32Want al hierdie dinge is belangrik vir die mense wat nie vir God ken nie. Julle Vader in die hemel weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

Hoeveel keer het jy al by die huis gekom na ʼn lang dag en jou ouers het net heeltemal vergeet om vir jou kos te gee? Daar is natuurlik situasies waar kos nie altyd beskikbaar is nie, maar dit gebeur nooit regtig dat ons van kos vergeet nie. Ons raak honger, ons moet eet.

Hoekom is ons dan soms so bang dat God gaan vergeet van die dinge wat ons nodig het? Is God nie soveel wyser en meer liefdevol as ons nie? Kan God dan nie soveel meer as ons onthou en verstaan nie? Jesus moet die mense herinner in ons vers dat God weet van ons behoeftes.

Dis vir ons regtig goeie nuus, maar ook nuus wat soortvan obvious is. God weet wat ons nodig het en Hy sal vir ons sorg. Ons hoef nie bekommerd te wees dat God ooit van ons of van ons behoeftes sal vergeet nie.

God vergeet nie van ons behoeftes nie.

Gebed: Dankie, Here, dat U weet wat my behoeftes is en my elke dag leer om op U te vertrou. Ek bid dat ek sal onthou dat U naby aan my is en dat as ek ʼn behoefte het ek ook met U daaroor kan praat… Amen.

Uitdaging: Plaas God vir die res van die week letterlik eerste. Vind ʼn manier om jouself te herinner om sodra jy op is in die oggend met God te praat in gebed of om jou Bybel oop te maak en te lees van God se wonderlike storie. Hierdie is ʼn great gewoonte om aan te leer.