What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God verander jou “swaarkry” na “vryheid”!

Psalms 34:17 “Die Here help die wat Hom liefhet.”

Partykeer voel dit vir ons of ons te veel take en werk het en net te min tyd het. Of dat almal jou uitsluit en dan verwerp voel. Of dalk iemand spesiaal in jou lewe verloor het. Al hierdie dinge veroorsaak dat ons swaarkry ervaar. Dit kan ook vir ons voel asof niemand ons swaarkry raaksien nie, maar raai wat … God sien dit raak!

Koning Josafat van Jerusalem het homself ook in ‘n moeilike situasie bevind. Drie nasies het opgetrek teen Jerusalem en was op pad om oorlog te maak teen Josafat, wat een nasie was. Josafat het heel eerste na God toe gedraai vir hulp en wysheid. Die Here stuur hulle oorlogsveld toe met die belofte dat Hy die oorlog vir hulle gaan veg. Hulle het die Here geloof en prys op pad oorlogsveld toe. Terwyl hulle op pad was, het die drie nasies onder mekaar begin baklei. Teen die tyd wat koning Josafat en sy leër by die oorlogsveld aankom, is al die drie nasies vernietig. Hoe GREAT is die Here!

Die Here sien jou swaarkry raak, en Hy weet van jou. Die Here wag net dat jy Sy hulp vra om jou te red uit die swaarkry of situasie. Die Here wil nie hê ons moet met ons probleme sit en niks daaraan doen nie. Ons moet die moontlike doen, maar die onmoontlike aan Hom oorlaat. Die Here wil hê Hy moet die eerste en die enigste een wees om ons te red. En as jy God liefhet en gehoorsaam is aan Sy woord, sal jy ALTYD op Hom kan staatmaak.

Gebed:Here, U sien my swaarkry. Help my en kom red my uit hierdie situasie uit. Ek vertrou U kan my red. Amen!

Uitdaging: As jy ‘n moeilike tyd ervaar, vra ‘n goeie vriend om jou te help en jou te ondersteun waar jy die moeilikhede ervaar.