What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God staan langs jou wanneer jy jou boelies face

Deuteronomium 31:6 “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!”

Meeste van ons het al onsself bevind in ‘n situasie waar ons geboelie word. Dit kan fisiese of emosionele boelie wees en dit gebeur nog steeds met sommige van ons. Dit gebeur nie net in skole met kinders nie, maar ook met grootmense. Boelie en afkraking is een van die ergste dinge wat ‘n persoon minderwaardig en hulpeloos laat voel.

Jesus was ook afgekraak en sleggesê. Mense het hom bespot en vir Hom uitgelag terwyl Hy die kruis gedra het. So, as jy dink dat jy die enigste een is wat suffer, is jy verkeerd. Jesus, ons God die Vader se Seun was ook afgekraak. Almal wat nie geglo het dat Hy die Seun van God is nie het vir Hom gelag, totdat Hy gesterf het aan die kruis en ‘n aardbewing die aarde laat skud het.

Ons voel hulpeloos wanneer ons in so ‘n situasie kom en nie weet wat om te doen nie. Die belangrikste ding wat jy moet onthou is dat jy nooit alleen is nie, en dat die Here altyd met jou is. Dus moet jy nie bang wees nie en sterk staan vir wat reg is in God se oë. Die Here belowe dat as jy op Hom vertrou, sal Hy jou vyande oorwin, en jou nie in die steek laat nie.

As jy volgende keer weer in so ‘n situasie kom, vra die Here om vir jou wysheid te gee hoe om die situasie te hanteer en wys vir daardie boelie wie jou God is en aan wie se kant Hy is!

Gebed: Here, help en lei my om van my boelies ontslae te raak. Maak hulle oë oop sodat hulle die lig sal sien en besef wat hulle doen. Amen!

Uitdaging: As jy afgekraak of geboelie word, gaan praat met ‘n onderwyser of ‘n goeie vriend wie jy kan vertrou om jou te help en te ondersteun.