What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God sien jou as perfek

Jeremia 18:3-4

3Ek het toe na die ateljee van die pottebakker gegaan en hom gekry waar hy besig was om op die pottebakkerskyf te werk. 4Maar die pot wat hy besig was om te maak, was nie reg volgens sy smaak nie. Hy het toe die klei weer inmekaargedruk totdat dit ’n bol was. Daarna het hy weer begin om ’n nuwe pot te vorm wat was soos hy dit wou hê.

Dit gebeur met almal – jy het ‘n date met die hot-ste ou in die skool en daardie oggend het jy twee nuwe zits op jou gesig. Jy wens jou hare is ook so reguit soos ander mense s’n, want selfs nie eers die ghd maak jou hare reguit nie. Jy is nie gelukkig met jou voorkoms nie en gaan gym toe, want jou begeerte is nog altyd mooi gevormde arms, maerder bene en meer spiere as vet.

Wanneer was die laaste keer wat jy in die spieël gekyk het en nie iets fout gesien het met wie jy is nie? In Jeremia kry ons hierdie pottebakker wat besig is om met die klei te werk . In die pottebakker se oë is die voorwerp wat hy gemaak het, perfek. Net so is ons ook in God se oë perfek geskape, want Hy is die een wat ons vorm.

Partykeer gaan dit nie oor hoe jy buite lyk, watter klere jy dra of hoeveel sproete jy het nie. Dit gaan oor hoe God na jou kyk. Jy kan ook so na jouself begin kyk en glo dat die beeld wat jy in die spieël sien, iemand is wat God perfek geskape het.

God sien jou as perfek.

Gebed: Here God, U het my met ‘n plan geskape soos die pottebakker met die klei en hoe U my sien is perfek geskape. Help my om dit wat U in my sien ook raak te sien. Amen.

Uitdaging: Probeer elke dag die week iets nuut in jouself raaksien – iemand wat God perfek gemaak het.