What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God sien die onderdruktes raak!

Lukas 4: 18-20

“… om onderdruktes in vryheid uit te stuur …”

In hierdie gedeelte beskryf Jesus dat Hy die goeie nuus aan die armes kom verkondig het, om vryheid aan die gevangenes te bring, om blindes weer te laat sien, om die onderdruktes vry te laat, en om die jaar van die Here se guns aan te kondig.

Dit beteken dat Jesus die evangelie bring vir dié wat die meeste kwesbaar is (die mense wat nie bevooreg is en wat niemand het om hulle te beskerm nie) en wie al baie seergemaak is deur die wreedheid van die wêreld.

Ons het almal dinge in ons lewe wat ons gevangene hou, dinge wat ons laat voel asof ons nie meer kan aanhou nie. Daar is ook kere en situasies waar ons blind voel en voel ons kan nie sien wat regtig aan die gang is nie. Dis in tye soos dié wanneer ons regtig kan vertrou op God se guns en teenwoordigheid.

God sien die onderdruktes raak!

Gebed: Here, dankie dat U altyd daar is vir my. Help my om met U oë te sien en om deur U wysheid te lewe. Gebruik my as ʼn instrument om die onderdruktes vry te laat, en om die Here se guns aan te kondig aan ander. Amen.

Uitdaging: Dink aan of vind stories in die Bybel waar Jesus hierdie dinge doen. Hulle kan letterlik of figuurlik wees. Wat sê God vir jou deur hierdie verhale?

Deel een van #imagine se bybelstudie Jesus die gesalfde