What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God se liefde vir jou en my

Efesiërs 5:1-2: “Maak soos God gemaak het, want so maak kinders wat ‘n liefdevolle Vader het. Elke dingetjie wat jy doen, moet van liefde straal. Dit is mos die voorbeeld wat Christus vir julle gegee het. Hy het ons so lief gehad dat Hy Sy lewe tot ons voordeel gegee het. Hy het Homself geoffer en God het die offer aanvaar as betaling vir al die skuld wat ons met ons sondes gemaak het.”

Het jy al ooit in die oggend opgestaan en gedink: Ek is net ‘n failure! Niemand het my lief nie! Niemand verstaan my nie! Ek voel so alleen! Skrik wakker. Kyk ‘n bietjie om jou rond en ervaar God se skepping. Die Engelse sê so mooi: “Wake up and smell the roses!” 

Daar sal altyd iemand wees wat jou liefhet! Jou ouers, jou broer of suster of jou vriende, en so gaan die lysie aan. Die belangrikste is dat God die Vader jou oneindig liefhet! Hy wat jou gevorm het, Hy wat jou gemaak het, Hy is só lief vir jou dat Hy Sy enigste Seun, Jesus Christus, aan die kruis op Golgota laat sterf, sodat jy eendag vir ewig by Hom mag gaan woon.

Dan moet jy ook nie vergeet van Jesus nie! Hoe lief dink jy het Jesus jou? Hy het immers die pyn en die leiding aan die kruis verduur om jou los te koop van die sonde. Wat sê dit vir jou? Praat met Jesus oor jou gevoelens. Nooi Hom in jou lewe in en jy sal voel hoe Sy liefde oor jou spoel! Hy staan en wag by die deur van jou hart en Hy wag dat jy Hom moet binne nooi, sodat jy vir ewig in Sy liefde kan lewe.

Gebed: Vader, help my asb. dat ek nooit in U liefde vir my sal twyfel nie en help my om daardie liefde te deel met my naaste. Amen.Uitdaging: Kyk vandag of jy nie jou liefde kan deel met iemand wat ook voel asof niemand hom of haar liefhet nie.