What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God se liefde sal nooit opraak nie!

Psalm 136:25-26

25Hy sorg vir almal, Hy laat ons leef, Sy liefde hou nooit op nie. 26Loof God, Hy wat in die hemel bly, Sy liefde hou nooit op nie.

Gaan lees ‘n bietjie die hele Psalm 136. Wat let jy op? Die skrywer klink amper soos ek wanneer ek daai woord-telling wil behaal in my opstelle, soveel keer herhaal hy die feit dat God se liefde nooit ophou nie.

Ek weet vir ‘n feit my liefde is soms beperk. Ek kan myself nie indink hoeveel keer ek dit al verloor het omdat iemand voor my tydens pouse by die snoepie se ry indruk nie. Ek is regtig bly God is nie so met my nie. God se liefde is perfek en daar is niks wat jy of ek kan doen om dit tot ‘n einde te bring nie.

Ek dink dis ‘n baie goeie rede om God te prys! Hy gaan nie op jou uit-freak en jou ophou liefhê elke keer as jy iets verkeerd doen nie. Maar as ons God prys vir Sy liefde, kan dit ook iets in ons harte verander. Ons kan in Sy nimmereindigende liefde leef en dit ook met ander deel.

God se liefde sal nooit opraak nie!

Gebed: Here, ek is nogal stomgeslaan oor U liefde vir my. Ek weet nie hoe U elke dag steeds net so lief is vir my as vantevore nie, maar ek is baie bly dat U is. … Amen.

Uitdaging: Deel ‘n bietjie van God se liefde uit en help jou Ma in die huis met ‘n takie of twee!