What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God se geskenk

1 Johannes 1:8-9: Ja-nee, moet my nie verkeerd verstaan nie: as ons wil voorgee dat ons nooit sonde doen nie, slaan ons die bal heeltemal mis. As ons egter voor God erken dat ons foute gemaak het en nooit weer dieselfde foute wil maak nie, sal God van Sy kant af heeltemal van ons sondes vergeet.

God maak nooit vrede met die sonde nie. Voordat jy in ‘n verhouding met Hom kan staan, moet jy eers ontslae raak van die sonde in jou lewe. En voordat God jou sonde kan vergewe sodat jy genade kan ontvang, moet jy eers jou sondes voor Hom bely en Hom smeek om jou te vergewe. Genade is en bly ‘n geskenk van God!

Indien jy graag daardie geskenk jou eie wil maak, het dit tyd geword dat jy jou sondes sal raaksien en dat jy die band met die sonde sal breek. Bely jou sondes voor God. Onthou: Hy wag getrou vir jou en Hy sal jou nie teleurstel nie. Hy sal jou met ope arms verwelkom en jou reinig en al jou sondes sal deur Sy genade vergewe wees.

Gebed: Hemelse Vader, ek kom lê nou al my sondes voor U voete neer. U weet reeds van almal en ek wil U vra om my asb. te vergewe en my te seën met U genade. Amen.

Uitdaging: Bely nou jou sondes en aanvaar God se geskenk van genade, nl. Vergifnis!