What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God se aanvaarding of ‘n goeie selfie?

Psalm 139:13-14

13Here, U het my tot in die fynste detail gemaak. In die baarmoeder het U my gevorm.

14Ek wil U prys omdat U my so volmaak geskep het. U doen wonderlike werk. Ek weet dat U groot dinge kan doen.

Ek het nie vanoggend Bybel gelees nie, want ek die tyd gebruik om ‘n selfie te neem. Ek het myself in die spieël bekyk. My oë, check. Regte beligting. My hare, check. Dit val op die regte manier. My lippe, check. Net genoeg ge-pout. Die filter, check. Hulle sê dié een kry die meeste likes.

Die eerste twintig, dertig likes kom vinnig, maar dit droog op. En aan die einde van die dag sit ek in trane, want nie genoeg mense het dit ge-like nie. Wat nog erger is, die regte mense het dit nie ge-like nie! Die heeltyd het my Bybel op my bedkassie gelê waarin God my vertel hoe wonderlik ek reeds is. Maar ek soek aanvaarding op die verkeerde plekke. Ek spandeer eerder ‘n uur om ‘n foto te kry wat moet maak dat ander my aanvaar, eerder as om God se aanvaarding te aanvaar.

Ons almal wil aanvaar word. En daar is baie mense daar buite wat ons vriende wil wees net omdat ons is wie ons is, nie wie ons voorgee om te wees nie. Hierdie geld vir almal. Ons moet die spesiale manier waarop God ons gemaak het, koester. Daar is net een soos jy! Dit is jou superpower!

God se aanvaarding of ‘n goeie selfie?

Gebed: Dankie Jesus, dat U vir my lief is nes ek is. Dankie dat ek elke dag kan ontdek dat U my awesome gemaak het en dat ek nie hoef voor te gee nie! … Amen.

Uitdaging: Hoe soek jy aanvaarding? Probeer om ‘n week te gaan sonder om iets op jou socialnetwork te share.