What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God sal vir jou die krag gee wat jy nodig het!

Jesaja 40:28-29

28Verstaan julle nie en begryp julle dan nie dat die Here vir ewig en altyd God is nie? Hy het die hele wêreld gemaak. Hy word nooit moeg nie. Hy word nooit uitgeput nie. Niemand kan Hom regtig verstaan nie. 29Hy gee vir dié wat uitgeput is weer nuwe krag. Hy maak dié wat swak geword het, weer sterk.

Ek was van kleins af baie gefassineerd met alle tipes diere. Daar was selfs ‘n tyd toe ek ‘n veearts wou word. Die rede waarom ek so baie van diere gehou het, was dat daar net so ongelooflik baie verskillende diere is wat elkeen so uniek geskep is. Dis deur my liefde vir alle diere dat ek ook besef het hoe amazing God is en hoe groot Sy verbeelding moes wees om alles te maak.

Selfs al het ek hoe lank probeer om nuwe diere uit te dink, sou ek nooit aan ‘n kameelperd gedink het nie. Ons is almal na God se beeld geskape, maar soms vergeet ons net hoe anders en hoe onverstaanbaar God eintlik is. Hy het oneindig baie krag en word nooit moeg nie – en Sy skepping wys vir ons dat dit waar is.

Omdat God oneindig baie krag het, kan ons maar glo dat Hy ook vir ons nuwe krag kan gee. Net soos ek nie aan elke dier sou kon dink nie (daar’s seker nog diere wat ek nog nooit van gehoor het nie), so kan ons nie staat maak op ons eie krag nie. Ons moet na God toe gaan as ons uitgeput raak.

God sal vir jou die krag gee wat jy nodig het!

Gebed: Jesus, soms raak ek moeg en dinge trek nogal swaar. Maar ek weet dat ek dit nie op my eie hoef deur te werk nie. Ek weet dat U by my is. Ek weet dat U my nuwe krag sal gee. … Dankie Jesus. Amen.

Uitdaging: Hier is ietsie pret: Speel met ‘n paar vriende die speletjie Name, Vanne, Diere, Dorpe. Kyk hoe baie keer jy ‘n blank slaan. Tog ken God elke persoon, plek en dier by hul naam.