What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God sal Sy deel doen!

1 Korintiërs 9:25

As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard.

Sjoe! Ek het al baie in my lewe gehoop dat ons wat kinders van God is ’n binnebaan kan kry.

Ek moet bieg dat ek nie altyd so hard deur die kwartaal gewerk het nie. Ek het omtrent nooit die nag voor die eksamen geslaap nie, want ek moes catch up speel. Ek moes soveel as moontlik werk cram om darem iets in my kop te kry sodat ek kan eksamen skryf.

En dis in sulke tye wanneer ek die lyn boontoe warm gebel het. “Ag Here, wees U hierdie sondaar net genadig en laat hulle die of daai vraag vra!” Maar ai, daai kite het nie lekker van die grond gekom nie!

Ek het ’n paar keer oor en oor dieselfde les geleer en dis ’n eenvoudige les: Doen jou bes! Gou het ek die ABC beginsel geleer: Attach Bum to Chair.

Ek het ook geleer dat ek die moontlike moet doen en dan die onmoontlike vir God kan los. Op ’n manier maak ek dit vir God maklik om my te help as ek my deel gedoen het.

Wees rustig. Doen jou deel. Slaap genoeg. Eet gesond. En vertrou!

God sal Sy deel doen!

Gebed: Vader, dankie dat U nou hier is. Dankie dat U my hand neem en saam met my stap. Dankie dat U my krag gee. Amen

Uitdaging: Maak ’n tydjie om stil te gaan sit en te kyk waar jy jou deel moet doen. Skryf dit op ’n papier neer en just do it!