What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God sal jou nooit unfriend nie

Psalm 27:10

“Selfs al wil my pa en ma niks met my te doen hê nie, sal die Here self vir my sorg.”

Dit gaan soms wild in die social media jungle. As jy nie mooi kyk wat jy sê en doen en die regte mense impress nie, word jy sommer gedelete, unfollow, unfriend of geblok van die groep! Voor jy jou kom kry, word die lys van mense wat jy probeer tevrede hou taamlik lank en kan die lewe baie stresvol raak.

Soos in Survivor, vrees ‘n mens die oomblik wanneer iemand gaan sê: “The tribe has spoken!”. Ons leef in konstante vrees van verwerping.

Almal van ons kan ook nie ons veiligheid in ons gesinne vind nie. In lande waar Jesus se Weg nie welkom is nie word tieners wat tot bekering kom uit die huis geskop. Ander ervaar weer dat hulle ouers net lief is vir hulle wanneer hulle presteer in iets soos sport of akademie. Jy mag dalk voel dat jou ouers jou op ‘n ander manier in die steek gelaat het.

God sê selfs al kan sommige ouers so ver gaan om hulle kinders te verwerp, is God anders. Hy sal altyd vir jou lief bly. Jy is veilig by Hom.

God sal jou nooit unfriend nie.

Gebed: Vader, mense maak mekaar baie seer en ek voel soms so onseker en onveilig. Dankie dat ek altyd op U liefde kan staatmaak en dat U altyd daar sal wees vir my. … Amen.

Uitdaging: God is altyd vir jou lief. Kom vandag op vir daardie een in jou klas wat deur almal verwerp word.