What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God … ons enigste ware hoop

Jona 2:2: ” Toe ek in die nood was, het ek na die Here geroep. Hy het gehoor ek roep na Hom. Van daaronder waar die dooies bly, het ek na Hom geroep om my te help. Hy het dit gehoor.”

Een van die algemeenste klagtes van ons samelewing is ontnugterde mense wat uitroep na God en dan kla dat Hy nie hulle gebede beantwoord nie. Hulle sê dat hulle met God praat oor hulle probleme en bekommernisse, maar dat niks gebeur nie. Hulle sê dan dat gebed hopeloos is en geen doel dien nie. Maar ‘n kind van God sal nie hiermee saamstem nie, want God is in beheer en Hy wag dat ons vra en vir Hom die deur oopmaak om Hom in te nooi. Onthou: Gebed moenie jou spaarwiel wees nie, maar eerder jou stuurwiel wat jy elke dag gebruik!

Ons moenie net met God praat as ons iets van Hom wil hê nie. Ons moet met Hom gesels soos ons met ons vriende gesels. Ons moet ons lewe met Hom deel en Hom vra om vir ons wysheid te gee sodat ons elke dag die regte keuses kan maak.

Die Heilige Gees sal jou elke dag lei om op God se pad te stap. Hy sal jou gebede verhoor omdat jy vir Hom belangrik is en omdat Hy jou baie liefhet. God weet wat die beste vir elkeen van Sy kinders is.

Uitdaging: Begin vandag nog om jou hoop op God te vestig. Dit beteken dat jy sal vertrou dat Hy jou sal help en lei.

Gebed: Almagtige Vader, help my om nooit op te hou om op U te hoop nie. Lei my op U paaie en help my om te onthou dat U altyd my gebede hoor! Amen.