What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God, my Hemelse Pa

1 Korintiërs 8:6 “Ons weet egter dat daar net een God is. Alles het deur Hom ontstaan en ons leef net vir Hom. Daar is ook net een Here, naamlik Jesus Christus. Hy is die instrument waardeur alles gemaak is en aan wie ons ook ons bestaan te danke het.”

Ons almal sien God op verskillende maniere. Een sien God as ‘n ou man met ‘n grys baard wat op ‘n troon sit en wat 3 keer ons grootte is. Party sien Hom met ‘n kwaai, streng persoonlikheid, of ander sien Hom as ‘n gawe en omgee-tipe persoonlikheid.

Meeste van ons vra onsself: ”Wie is God? Bestaan Hy regtig? Kies ek die regte God? Dis juis sulke vrae wat ons deurmekaar maak en minder gefokus hou op die Here. Die duiwel is ‘n lastige ding en sal alles in sy vermoë doen om ons van die waarheid af weg te hou, en dis ‘n feit! Maar die waarheid is dat God vir ons sê dat daar net een ‘Hy’ is, van wie alles en almal afkomstig is. Met ander woorde, Hy is die creator van alles, die een wat ons gemaak het en ons werklik liefhet.

Om seker te maak dat ons gefokus bly op die Here, moet ons getrou bly en luister na Sy woord. Hy sê ook vir ons dat ons lewe op Hom gefokus moet wees, maar daai is ‘n moeilike een!

Om tyd te maak vir die Here en te doen wat Hy van ons verwag, is soos ‘n motor wat jy bestuur. Wanneer jy gefokus is op die pad, sal jy op die pad bly. Wanneer jou aandag nie meer op die pad is nie, gaan jy verongeluk! En dit is hoekom ons na die Here moet luister, want Hy is die Skepper en Hy ken ons beter as wat ons onsself ken. Hy is ons Pa!

Gebed: Here, ek kom vra dat U my sal help om op U gefokus te bly. Dat die wêreld my nie van U sal weghou nie, maar dat ek my oë op die pad sal hou. Amen!

Uitdaging: Gesels met ‘n maat oor hoe jy vir God as jou Vader beleef.