What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God maak ons nuut!

2 Korintiërs 5:17 

As iemand aan Christus behoort, dan het God daardie persoon ‘n nuwe mens gemaak. Die persoon se ou lewe is verby, ja, hy het ‘n nuwe lewe gekry.  

Wanneer laas het jy ‘n fliek gekyk of storie gelees waar ‘n karakter uit hulle dop uit breek om heeltemal te verander aan die einde? Dalk is hulle baie skaam, en dan leer hulle self vertroue, of dalk kom hulle in aanraking met iemand wat hulle lewens op ‘n ander koers sit. 

Baie van die flieks wat ons kyk en stories wat ons lees is wel baie onrealisties. Partykeer dink ek ons vind dit ook moeilik om te glo dat God ons so radikaal kan verander. Maar Hy doen. As ons aan Jesus behoort, dan verander dit die kern van wie ons is. Ons word koningskinders en daarom verander God se liefde ons om elke dag meer soos Jesus te word. 

Dit is nie ons wat verander wie ons is nie, maar dit is God wat ons transformeer. As ons God ontmoet dan wil ons ook nie dieselfde mense wees wat ons was voor ons God geken het nie. Die nuwe lewe wat God vir ons gee in Jesus maak wie ons is ook heeltemal nuut. 

God maak ons nuut! 

Gebed: Here, ek wil U net vandag loof dat U vir my sorg. Ek wil U net elke dag dieper leer en die lewe wat U aanbied te neem en Jesus se liefde uit te leef aan die mense rondom my… Amen. 

Uitdaging: Het jy al ooit ʼn voorwerp wat jy sou weggooi omskep in iets anderste in? Kyk of jy iets kan omskep die week as ʼn refleksie van die manier wat God jou nuut gemaak het.