What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God laat jou vergeet van stres

Filippense 4:7 “Die wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop of dat jy jou weer van voor af begin bekommer.”

Voor jy eksamen skryf, voel dit vir jou of jy hard genoeg geleer het? Of voel jy dat jy die werk gaan vergeet as gevolg van jou stres? Toemaar, almal voel so. Almal stres voor ‘n moeilike of groot vak wat hulle skryf.

Stres pak jou beet wanneer jy onseker is, nie gemaklik is of nie weet wat volgende kom nie. Stres is maar ‘n alledaagse ding by alle mense en dis moeilik om stres te oorkom. Dis ook Satan wat jou trigger om te begin twyfel of jy hard genoeg geleer het vir die eksamen, of dat jy al die werk wat jy geleer het, gaan vergeet.

Kyk na Moses. Hy het nou nie ‘n toets geskryf of iets nie, maar die Here het vir hom opdrag gegee dat hy die Israeliete uit Egipte moes bevry. En om dit reg te kry, moes die Farao toestemming gee. Dink jy Moses was lus om na Farao te gaan en te vra dat hy sy volk moet bevry? Glad nie! Want hy het gestres en het selfs gehakkel as hy voor mense moes praat! Maar die Here het vir hom gesê dat hy nie bang moet wees nie, want Hy is by hom.

Die Here sê ook vir ons dat as ons glo dat Hy met ons is, sal ons nie bekommerd raak of begin stres nie. Jy sal God se Heilige gees ervaar as jy op Hom vertrou en glo dat Hy met jou sal wees en al die werk wat jy geleer het in jou kop sal plaas.

Gebed: Here, help my om op U te vertrou dat U met my is en my sal help deur die eksamen. Amen!

Uitdaging: As jy weer vir die eksamen moet leer, leer hard en pligsgetrou, dan sal God graag Sy deel doen en jou help in die eksamen.