What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God kan gebroke harte heel maak

Lukas 22: 61-62

61Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk. Petrus het die Here se woorde onthou toe Hy aan hom gesê het: “Voordat die haan nog vannag kraai, sal jy drie keer ontken dat jy My ken.” 62En hy het buitentoe gegaan en onbedaarlik gehuil.

Wonder jy ooit wat gebeur tussen Vrydag en Sondag van Jesus se dood en opstanding? Ek kan net indink hoe sommige van die dissipels moes voel. Jesus, ‘n vriend van hulle was dood – en hy het niks verkeerd gedoen nie. En wat moes deur Petrus se gedagtes gehardloop het? Die laaste ding wat hy gedoen het, was om te ontken dat hy Jesus ken.

Soms is ons geneig om met soveel spyt te leef (veral wanneer ons weet dat ons groot nonsens aangevang het) oor dinge wat vir ons voel soos die einde van die wêreld. Petrus kon nie eens sy vriend Jesus vertel dat hy Hom lief gehad het voordat Jesus gesterf het nie. Soos ons weet, het Jesus nie dood gebly nie, en sodra Petrus weer Jesus ontmoet het, het Jesus hom nie net geïgnoreer nie, maar maak weer sy verhouding met Petrus reg.

Kom ons onthou vandag dat Jesus se dood voltooi is sodat ons volle hoop kan hê dat hy stukkende situasies kan omskep. Dit beteken nie dat ons moet gaan soek vir moeilikheid nie, maar eerder dat as ons voel ons het vir God teleurgestel, ons kan weet dat hy al die liefde in die wêreld het om agterna na ons te jaag en Sy liefde vir ons weer en weer te wys.

God kan ons gebroke harte heel maak.

Gebed: Here, vandag wil ek dankie sê, ek wil dankie sê dat jy my najaag, selfs wanneer ek wil weghardloop of wanneer ek voel dat ek jou teleurgestel het. U gee nie op my op nie. Help my asseblief om jou liefde weer en weer te besef.

Uitdaging: Is daar iets wat jy sukkel om te glo dat God kan genees/vergewe? Bid vandag nog ‘n gebed om God te vra om daardie deel jou verhouding met Hom te genees, net soos hy met Petrus gedoen het. En weet dat God gebroke dinge kan heel maak.