What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is ok met jou

Efesiërs 1:7

Dit was soos ‘n handelstransaksie: omdat ons so sondig was, was ons God se vyande. Toe kom Jesus en betaal wat nodig is om weer alles tussen ons en God reg te maak.

Daar is min dinge so aaklig soos wanneer ‘n mens met jou beste pel baklei. Mens dink oor en oor aan wat jy anders moes gedoen en gesê het om nie jou pel kwaad te maak nie. Nou het jy niemand om saam met jou julle gunsteling aktiwiteit te doen nie en hy/sy is ook nie meer daar om te vertel watter opwindende of embarrassing ding gister met jou gebeur het nie.

Ons harte soek ook na ‘n dieper vrede met God. Ons het almal foute, maar ons weet dat God nie daarvan hou nie.

Hierdie onvrede tussen ons en Hom pla God ook baie. Dis hoekom hy Jesus gestuur het om die rekening vir ons sonde te betaal. So eenvoudig maar so groot! Hy hou nou niks meer teen jou nie. As jy berou het oor wat jy verkeerd gedoen het en dit teenoor God bely, neem Hy dit heeltemal weg.

Die Heilige Gees maak ons bewus van ons sondes sodat ons dit kan bely en weer die lug kan skoonmaak tussen ons en God. Die vyand probeer ons egter gedurig oortuig dat die vuil maar aan ons bly vassit en dat ons altyd veroordeel en skuldig sal wees. Moenie vir die leuen val nie.

Gebed: Here, soms voel dit of ek alles verkeerd doen en net nie weet hoe om dit reg te maak nie. Help my asseblief. Ek kan nie sonder U nie. Was my skoon met Jesus se bloed. Amen.

Uitdaging:  God vergewe alles wat jy verkeerd gedoen het. Is daar dalk iemand wie jy moet vergewe?