What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is ‘n beskermer

Psalm 91:1-2

As jy na die allerhoogste God toe gaan dat Hy jou moet oppas, kan jy van een ding seker wees: Die almagtige God sal jou bewaar. (2)Jy kan vir die Here sê: “U beskerm en bewaar my. U is my God op wie ek vertrou.”

As jy in die moeilikheid kom of as jy voel dinge raak te rof in jou lewe … na wie sal jy eerste gaan? Ons draai gewoonlik na mense wat ons vertrou. Ons kan vir seker ook op God vertrou. God laat ons nooit in die steek nie.

Die persoon wat die Psalm geskryf het, vertel hier van die sekerheid wat ons kan hê dat God ons sal beskerm in moeilike tye. God is ten alle tye daar, maar mense kan nie altyd daar wees nie, of dit nou drie-uur in die oggend is of in die middel van ‘n besige dag.

God is ‘n beskermer. Hy wil ons beskerm van die slegte dinge wat om ons gebeur. Hy wil Sy liefde op dié manier aan ons wys, maar ons moet ook bereid wees om na God toe te gaan en vir Hom te vra om ons te help. God wil baie graag hê dat ons na Hom moet uitreik. Wanneer ons soek, is Hy so duidelik soos die son in die middel van die dag.

God is ‘n beskermer.

Gebed: Here God, U is my beskermer. Dankie dat U na my omsien en vir my sorg. Dankie dat ek kan weet U is altyd by my. Ek wil naby aan U bly en weet dat ek veilig is in U teenwoordigheid … Amen.

Uitdaging: Het jy geweet God luister na al ons gebede? Maak nie saak waar ons is of hoe hard ons kan praat nie. Kyk of jy die woorde “U beskerm en bewaar my. U is my God op wie ek vertrou” kan persoonlik maak en omskep in ‘n gebed aan God?