What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is my rykdom

1 Timoteus 6:17 “Waarsku die mense wat in hierdie wêreld baie geld het om nie te veel van hulleself te begin dink nie. Hulle moet nie hulle hele lewe op geld en rykdom bou nie, want dit hou nie baie lank nie. ‘n Mens kan ook nie seker wees dat jy altyd geld sal hê nie. Hulle moet eerder hulle lewe bou deur op God te vertrou. Hy sal sorg dat ons alles kry wat ons nodig het om van te leef.”

Wat’s jou begeerte? Goeie punte op jou rapport, om eendag ‘n groot mansion te hê, ‘n sportsmotor of dalk ‘n klomp geld? Almal van ons het daai een spesifieke ding wat hy of sy graag wil hê, en soos altyd kan meeste van ons nie alles kry wat ons wil hê nie. Geld beperk ons begeertes, en dis ‘n feit.

As ek ‘n voorbeeld kan gee: Salomo was ‘n jong koning. Die Here het voor hom verskyn en gesê dat hy enigiets wat sy hart begeer aan Salomo sal gee. Salomo kon God vir geld gevra het of ‘n groot en magtige weermag, maar hy het gaan kyk na sy behoeftes vir sy mense. Dus het hy vir wysheid by God gevra. Omdat Salomo nie vir rykdom gevra het nie, het God hom geseën met rykdom dat hy een van die rykste konings in die wêreld geword het.

Die Here waarsku ons in hierdie teks om nie net aan onsself te dink as ons baie geld het nie. God waarsku ook om nie ons lewens op geld en rykdom te bou nie, want dit sal nie vir ewig hou nie, en gaan ook nie saam hemel toe nie!

Die Here verstaan as jy nie genoeg geld het nie, en die feit dat jy nie altyd genoeg geld sal hê nie, maar dis waar die challenge inkom! Die Here wil hê jy moet op Hom vertrou vir ‘n deurbraak, nie vir meer geld nie, maar vir ‘n uitkoms. Die Here sal nie toelaat dat ons vergaan nie! Hy sal aan ons gee wat ons behoeftes is en wat ons nodig het om te lewe as jy op Hom vertrou.

Gebed: Here, ek wil graag alles hê, maar ek wil U die graagste hê! Ek vra dat U my sal help om nie my lewe op geld te bou nie, maar op U waardes. Amen!

Uitdaging:As jy weet van ‘n vriend wat baie swaarkry, doen die moeite en gaan gesels met hom of haar. Moedig hulle aan dat hulle nie van geld afhanklik moet wees nie, maar van die Here. Hy is die Voorsiener!