What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is liefde

Deuteronomium 7: 9 “Onthou altyd dat die Here jóú God is. Hy is getrou. Wie Hom liefhet, sal altyd die Here se verbondsliefde ervaar. Hy sal tot in die verste geslag vir mense bly omgee wat aan Hom getrou is.

Dalk is een van jou familielede oorlede en nou verlang jy na hulle stem, na hulle liefde en jy voel alleen en eensaam. Een van jou vriende is dalk nie meer jou pel nie, want jy is nie meer in hulle klas nie en jy voel alleen. Of dalk het jy lanklaas by jou ouers gehoor dat hulle lief is vir jou.

Die meeste mense wil graag liefde en omgee ervaar. Dit gebeur met almal dat êrens in jou lewe jy voel niemand het jou lief nie. Dan herinner Deuteronomium se teks ons dat God ons almal liefhet en dat Hy ons vir ewig sal liefhê, maak nie saak hoe ons lyk of watter taal ons praat nie. Hy het ons lief, want ons is Sy kinders en ons is in Sy beeld geskep.

Hoekom is God se liefde genoeg? Baie mense sê hulle is lief vir jou, maar hulle soek die een of ander gunsies. Hulle is selfs lief vir ons, omdat ons dalk meer geld het of hulle hou van ons selfoon of flat screen TV. Maar God se liefde is onvoorwaardelik en stel geen vereistes aan ons nie. Ons moet probeer om mekaar lief te hê soos wat Jesus ons liefhet. Net soos ons is.

Gebed: Here, help my asseblief om te besef dat U liefde al is wat ek nodig het. Amen.

Uitdaging: Probeer vandag om God se liefde aan ander mense te bewys deur hulle lief te hê sonder enige voorwaardes of vereistes.