What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is liefde, so wees lief!

1 Korintiërs 13:1

Sê nou maar ek is so “geestelik” dat ek die tale kon praat wat die engele in die hemel praat en selfs nog ’n klomp ander, maar ek het nie ander mense lief nie, wat dan? Vir die Here klink daardie “geestelike gepraat” dan na niks anders nie as ’n geraas soos iemand wat teen ’n yster kap.

Ek is seker jy het dit al beleef. ‘n Paartjie is eendag nog jonk en verlief, hulle sê hulle is lief vir mekaar en dan vind jy uit een cheat op die ander met hulle beste vriend. Jy sien dalk jou ouers so min en al waarna jy verlang is om die woorde “Ek is lief vir jou” te hoor. Dit is Valentynsdag en al wat orals in winkels wys is liefdes-kaartjies en sjokolade, maar hierdie jaar spandeer jy weer Valentynsdag alleen.

Wanneer was die laaste keer wat jy vir iemand gesê het jy is lief vir hom of haar? Paulus waarsku ons dat as ons dinge doen en sê in die lewe, maar dit is nie gevul met liefde nie, doen ons dit nie met ‘n opregte hart nie. Ons hele lewe moet uit liefde geleef word, dit wil sê alles wat ons doen, alles wat ons sê, en alles wie ons is moet daardie liefde wys wat God vir ons gee.

Partykeer gaan dit moeilik wees om liefde teenoor jou vyande te wys en geduldig te bly uit liefde wanneer iemand met jou baklei. Om iemand lief te hê, beteken nie altyd die romantiese liefde nie, maar dit beteken om ander te hanteer soos jy hanteer wil word.

God is liefde, so wees lief!

Gebed: Here God, help my om nie dinge te doen sonder liefde nie, want liefde is ‘n gawe van U af en ek wil dit daagliks uitleef … Amen.

Uitdaging: Gaan vandag en gaan gee vir iemand wat jou seergemaak ‘n druk en sê selfs “Ek is lief vir jou.”