What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is jou hulp in tye van depressie

Psalm 40:1- 3 “Ek het lank gewag dat die Here my sou help, en dit het toe gebeur. Hy het na my toe afgebuig, Hy het my gehoor. Toe ek ernstig hulp gevra het, het die Here my gehelp. Hy het my uit die dood opgetel. Dit was of ek in die modder weggesak het. Nou is my lewe weer op die regte koers. Ek staan sterk. Hy het weer nuwe blydskap in my lewe gegee.”

Baie van ons ervaar alleenheid, teenstand en haat van ander mense. Baie van ons is al seergemaak deur ander. Baie van ons kan oor sulke situasies kom, maar vir party van ons raak dit te erg en dan veroorsaak dit depressie. Dis een van die algemeenste probleme by tieners vandag.

Baie mense verstaan nie wat depressie is nie. Ons is so geneig om te sê: ”Jissie ou, ruk jouself reg en kom oor daai probleem.” Dis nie so maklik vir sommige mense nie, want hulle sit met die wortels van die probleem binne-in hulle harte vasgegroei.

Koning Dawid was ook baie depressief nadat hy as koning van Israel aangestel is. Hy was baie angsbevange, alleen en het gevrees vir sy vyande. Hy het ook baie skuldig gevoel oor sy sonde. Hy het sy seun ook verloor as gevolg van sy sonde. As jy gedink het jy is alleen in die ding, jy is nie! Dawid, ‘n koning en een van die beste en beroemdste karakters in die Bybel het ook deur depressie gegaan.

Die Here sê in hierdie stukkie dat dit nie saak maak hoe groot jou probleme is nie, solank jy na Hom draai om hulp te soek. Die Here sal jou hoor! Hy sal jou help! Hy sal jou sterk maak met blydskap en vreugde van die Heilige Gees. Jy moet net Sy hulp vra.

Gebed: Here, ek kan nie alleen my probleme face nie. Help my en gee my krag asseblief om sterk te staan in my geloof al het ek probleme. Ek weet U is die heeltyd by my. Amen!

Uitdaging:As jy, of iemand wat jy ken, depressief is, gaan praat met iemand oor daardie ding wat pla.